Crime Beat’s Afrikaans editor Chanette Paul’s come up with her list of Top 10 krimi authors – well, 11 actually but because of her editorial position we’re allowing her leeway. Some interesting choices from Tana French to Alice Sebold and a special mention for local hotshots Deon Meyer and Jassy Mackenzie. Chanette skryf:
Omdat my werk behels dat ek baie lees (dikwels goed wat ek nie juis andersins sou lees nie), boonop sowat 70+ manuskripte per jaar moet deurwerk en vragte navorsing vir my eie boeke doen, lees ek wanneer ek my eie leesstof kan kies, suiwer vir ontspanning. Ek wil nie noodwendig intellektueel gestimuleer word nie, ek wil nie met te veel van die nare werklikheid gekonfronteer word nie (ja, ek is ’n bietjie van ’n sissie wat gruwels betref), ek wil my net verlustig in ’n lekkerkry storie wat goed genoeg geskryf is dat die manuskripontwikkelaar/keurder in my nie wakker gemaak word nie. Die lys is nie in enige spesifieke volgorde nie, en daar is heelwat ander krimi-skrywers wat my ook heerlik vermaak, soos Kathy Reichs, Mary Higgins-Clarke en dergelike, maar hulle haal om verskillende redes nie vir my heeltemal die paal nie. Ek volstaan dus by hierdie keuse.
(1) Ek en Minette Walters stap al ’n baie lang pad. Haar eerste boeke soos Ice House, The Scold’s Bridle, The Sculptress, The Echo was vir my die toppunt van leesgenot. Behalwe vir The Shape of Snakes wat ek besonder baie geniet het, staan haar nuwer boeke my nie veel aan nie. Ek hou nie daarvan dat sy deesdae ’n storie so ooglopend die voertuig van sosiale kommentaar maak nie, maar ek lees hulle nietemin.
(2) Tana French se debuut In the Woods het my aangegryp. Haar skryfstyl is dig en deurdag, soms selfs poëties. Al was ek woedend oor die slot, voeg ek haar tog by my lys. The Likeness lê en wag vir die Desember-vakansie en ek sien baie daarna uit.
(3) Nicci French se psigologiese rillers gee my behoorlik die rillings – van daardie heerlike o-dis-lekker rillings. Secret Smile het my alles behalwe laat glimlag, maar baie ril-genot verskaf.
(4) Sue Grafton se alfabet boeke met Kinsey Millhone aan die roer van sake is prettig en plesierig en suiwer ontvlugting. Net wat die dokter aanbeveel vir deppie-dae.
(5) Sandra Brown se ‘suspense with teeth’ (soos Stephen King daarna verwys), stel my selde teleur. Ag, en sy is so lekker produktief dat mens nie bekommerd hoef te wees oor wanneer die volgende boek uitkom nie. Een van haar ouer boeke, Fat Tuesday, lê juis en wag. Desember moet nou kom!
(6) Juliane Hoffman het my geboei met Plea of Insanity hoewel die einde vir my ’n bietjie teleurstellend was. Haar Retribution is nog ’n Desember lekkerte wat voorlê.
(7) Michael Connolly is die een man wat my leesplesier nie met oordrewe gruweldadighede bederf nie. Ek hou van sy Harry Bosch-boeke, maar verkies die boeke wat enkel staan. My gunsteling is The Poet.
(8) Alice Sebold se The Lovely Bones was vir my heerlik anders en verfrissend. Ek kon dit nie neersit nie.
(9) Van die Skandinawiese skrywers het Mari Jungstedt se Unknown my baie meer beïndruk as Stieg Larsson se trilogie. Ek sal graag meer van haar boeke wil lees. Maar al val dit nie regtig in die krimi-kader nie, was Herbjørg Wassmo se Dina’s Book vir my ’n kragtoertjie – gruwels en al.
(10) My lys sal natuurlik nie volledig wees sonder om Deon Meyer te noem nie. Ek het veral Orion geniet, maar ek slaan nie een van sy boeke oor nie. Jassy Mackenzie is egter net ’n kortkop agter hom vir my lys van SA gunstelinge.
(11) En, as ek my ’n elfde en baie voor die hand liggende keuse mag veroorloof, is Dame Agatha natuurlik ’n jarelange gunsteling en vreugde. Haar biografie deur Laura Thompson lê ook en wag – Desember begin vir my alte kort klink.
Please register or log in to comment
» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat
November 24th, 2009 @17:02 #
Thanks -- helpful for this tentative krimi-reader. I keep dipping in my toes, expecting them to be bitten off by a piranha.